Posts

Posts uit oktober, 2024 tonen

'Tuiskoms in Junie' deur Elisabeth Eybers - 'n uitgebreide lesplan

’n Klaskamer is ’n onderwyser se huis weg van die huis af en leerders se veilige hawe, maar dit bly ons verantwoordelikheid om hul horison so ver moontlik oop te maak terwyl hulle in ons klaskamers is. Die wêreld is wyd en nog onbekend aan ons, maar maak nie saak waar ek myself bevind nie, Suid-Afrika sal altyd my ware tuiste wees. Die gedig Tuiskoms in Junie deur Elisabeth Eybers lees soos ’n kortverhaal – dit is gevul met liefde vir ’n plek wat haar gevorm het, waardering vir ’n plek wat haar met ope arms verwelkom het en op die ou einde verlange om terug te keer huis toe. Hierdie lesplan gee slegs een idee van hoe dié gedig aan leerders oor gedra kan word. Dit dien as inspirasie vir opvoeders reg oor die wêreld en as hulpbron vir verdere ondersoek in die dieper betekenis agter die gedig.

'Vraagje' - Akwasi, deur Dale Jantjies

Afbeelding
Kyk, 'n klaskamer is 'n geesvrye kommunikasie sentrum tussen leerders en onderwysers; waar daar 'n atmosfeer geskep word om leerders in alle aspekte van die les te betrek - 'Vraagje' bied daardie platform, van diep dink tot lekker redeneer.  Nou toe, só gooi ek die bal in die klaskamer, want 'n interaktiewe klas is 'n produktiewe klas. Ek staan dan tru en eindig met die vermaarde Benjamin Franklin se woorde: Sê my en ek vergeet, leer my en ek mag dalk onthou, betrek my en ek sal leer. Righto, laat ons die swaarkry met lekkerkry klaarkry. Geniet die lees! Kijk hier voor de Powerpoint behorend bij deze les over het gedicht 'Vraagje' van Akwasi. Kijk hier voor het lesplan van deze les.